1
BEPALINGS EN VOORWAARDES
1. ALGEMEEN
1.1. Die Rattle & Rust Rally (“die Gebeurtenis”) word georganiseer deur Garden Route Events.
1.2. Die Gebeurtenis vind plaas van 26 Maart 2026 tot 29 Maart 2026.
1.3. Die Rally is familievriendelik en wederhelfdes en kinders is welkom.
1.4. Verblyf is self-kampering. Kampplekke beskikbaar teen addisionele koste. Tente of woonwaens kan
ook teen ’n addisionele koste gehuur word.
1.5. Besoekers is welkom; GRATIS toegang die hele naweek
1.6. Alle deelnemers, bestuurders, passasiers en toeskouers stem in om aan hierdie Bepalings en
Voorwaardes gebonde te wees.
1.7. Die organiseerders behou die reg voor om hierdie Bepalings en Voorwaardes enige tyd te wysig of aan
te pas.
2. RATTLE & RUST RALLY 2026
2.1 BEVOEGDHEID & INSKRYWINGS
2.1.1 Inskrywings is oop vir individue (Bestuurder) van 18 jaar en ouer met ’n geldige bestuurslisensie.
2.1.2 Inskrywingsfooie:
● R6 900 per voertuig (sluit bestuurder & mede-bestuurder in).
● R2 300 per addisionele persoon (maksimum 2 ekstra, maksimum 4 persone per voertuig).
● Inskrywing sluit in: 1 x gratis T-hemp, 1 x Braaipak per persoon per aand (3 nagte dus 3 Braaipakke
per persoon). Kampplek beskikbaar apart @ R1500 per staanplek (3 nagte)
2.1.3 Deelnemers moet die amptelike Inskrywingsvorm en Vrywaringvorm voltooi, en ’n nie-
terugbetaalbare deposito van R2 000 betaal om deelname te verseker. Slegs 150 voertuie sal toegelaat
word.
2
2.1.4 Inskrywings open November 2025. Betalingsreëlings beskikbaar:
a) Deposito met aansoek
b) Einde Januarie 2026
d) Finale betaling moet gemaak word teen 28 Februarie 2026.
2.1.5 Inskrywingsfooie is nie-terugbetaalbaar nie, geen terugbetalings sal gemaak word binne 30 dae
voor die gebeurtenis nie.
2.2 VOERTUIE
2.2.1 Voertuie moet padwaardig wees en gelisensieer volgens Suid-Afrikaanse wetgewing.
2.2.2 Klassieke, vintage of tema-voertuie word aangemoedig, maar alle inskrywings is onderhewig aan
goedkeuring deur die organiseerders.
2.2.3 Die organiseerders behou die reg voor om inskrywings van voertuie wat onveilig of ongeskik geag
word, te weier.
2.2.4 Voertuig se laaste registrasiedatum moet 31/12/1990 of vroeër wees.
2.2.5 Voertuig se maksimum waarde mag nie R70 000 oorskry nie.
2.2.6 Voertuie mag per sleepwa arriveer.
2.2.7 Onderhoud en bystand sal by die gebeurtenis beskikbaar wees, maar koste is vir die deelnemer se eie
rekening.
3. DRAGS 2026
3.1 BEVOEGDHEID & INSKRYWINGS
3.1.1 Inskrywings is oop vir individue (Bestuurder) van 18 jaar en ouer met ’n geldige bestuurslisensie.
3.1.2 Inskrywingsfooie:
● R500 per voertuig
3.1.3 Deelnemers moet die amptelike Inskrywingsvorm en Vrywaringvorm voltooi.
3
3.2 VOERTUIE
3.2.1 Voertuie moet padwaardig wees en gelisensieer volgens Suid-Afrikaanse wetgewing.
3.2.2 Die organiseerders behou die reg voor om inskrywings van voertuie wat onveilig of ongeskik geag
word, te weier.
3.2.3 Onderhoud en bystand sal by die gebeurtenis beskikbaar wees, maar koste is vir die deelnemer se eie
rekening.
3.3 BESTUURDER & DEELNEMER VERANTWOORDELIKHEID
3.3.1 Alle bestuurders moet te alle tye Suid-Afrikaanse padverkeerswette nakom en ’n geldige rybewys by
hulle hê.
3.3.2 Die gebruik van alkohol of onwettige stowwe voor of tydens bestuur is streng verbode. Willekeurige
alkoholtoetse sal gedoen word.
3.3.3 Elke deelnemer is verantwoordelik vir hul eie veiligheid, versekering en dié van hul voertuig.
3.3.4 Alle veiligheidsgordels moet in werkende toestand wees en gedra word waar toepaslik.
4. AANSPREEKLIKHEID, VRYWARING & GEDRAG
4.1. Deelname is heeltemal op eie risiko van die bestuurder en passasiers.
4.2. Die organiseerders, borge en vennote aanvaar geen aanspreeklikheid vir verlies, skade, besering of dood
wat uit deelname aan die gebeurtenis voortspruit nie.
4.3. Deur in te skryf, vrywaar deelnemers die organiseerders teen enige eise van derde partye wat voortspruit
uit hul betrokkenheid.
4.4. Deelnemers moet die amptelike roete, kontrolepunte en instruksies van beamptes of marshalls volg.
4.5. Gevaarlike, roekelose of oneerbiedige gedrag sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie.
4.6. Die organiseerders behou die reg voor om enige deelnemer te verwyder vir wangedrag sonder
terugbetaling.
4
5. MEDIA & PROMOSIE
5.1. Deur deel te neem, gee inskrywings toestemming dat die organiseerders foto’s, video’s en ander media
van die gebeurtenis waarin hul voertuie of beelde verskyn, mag gebruik vir promosiedoeleindes.
5.2. Geen vergoeding sal hiervoor betaal word nie.
6. PRYSE & TOEKENNINGS
6.1. Pryse (waar van toepassing) word na goeddunke van die organiseerders toegeken en is nie oordraagbaar
of inruilbaar nie.
6.2. Die organiseerders se besluit rakende wenners is finaal en bindend.
6.3. Prysgeld : RATTLE & RUST RALLY 2026 WENNER beloop R15 000
DRAGS 2026 WENNER beloop R3000
DONUT 2026 WENNER beloop R2000
7. KANSELLASIE OF UITSTEL
7.1. Die organiseerders behou die reg voor om die gebeurtenis te kanselleer, uit te stel of aan te pas weens
onvoorsiene omstandighede (bv. weer, veiligheidsredes, wetlike beperkings).
7.2. In die geval van kansellasie sal redelike pogings aangewend word om inskrywingsfooie terug te betaal,
minus enige administrasiekoste.
8. TOEPASLIKE REG
8.1. Hierdie Bepalings en Voorwaardes word regeer deur die wette van Suid-Afrika.
8.2. Enige geskille sal onderhewig wees aan die jurisdiksie van Suid-Afrikaanse howe.
5
9. KAMPEERTERREIN
9.1 ONS HUISREËLS EN GEMEENSKAPSRIGLYNE
Ons wil hê elke gas moet ’n veilige en onvergeetlike verblyf geniet. Om ’n ontspanne en respekvolle
kampeeromgewing te verseker, versoek ons vriendelik dat u die volgende riglyne nakom:9.
9.1.1 AANKOMS
Die reg van toelating en bewoning word deur bestuur voorbehou. Alle kampeerders moet by aankoms by die
Ontvangskantoor aanmeld om die finale aantal persone wat die toegewese staanplek beset, te bevestig.
9.1.2 TROETELDIERE
Klein troeteldiere is welkom, mits hulle te alle tye aan ’n leiband gehou word om die veiligheid en gerief
van alle gaste te verseker.
9.1.3 TYE EN TOEGANG
U staanplek sal beskikbaar wees vanaf 08:00 op die dag van aankoms en moet teen 15:00 op die dag van
vertrek ontruim word.
Gebruik asseblief slegs die aangewese hekke om toegang tot die kampeerterrein te verkry. Om oor heinings
te klim is streng verbode en word as ’n oortreding beskou. Die hekke is daagliks oop van 05:30 tot 22:00 vir
u gerief.
9.1.4 VEILIGHEID
Ter wille van die veiligheid van alle gaste en die omgewing:
● Vuurwerke is streng verbode.
● Vure is slegs toegelaat in aangewese braaistaanders.
● Elke staanplek beskik oor ’n 20-amp elektriese toevoer. Bly asseblief binne hierdie beperking om
kragonderbrekings te voorkom.
● Elke staanplek se grootte is 10 x 10 en slegs 1 voertuig per staanplek word toegelaat.
● Garden Route Events en die parkbestuur word gevrywaar van enige verlies, skade, besering of dood
aan persone of eiendom.
6
9.1.5 PARKERING
Een voertuig per staanplek word toegelaat, tensy ’n tweede voertuig gemaklik binne die grense van die
staanplek kan pas.
Moet asseblief nie op onbesette staanplekke parkeer nie; voertuie wat dit doen, kan op die eienaar se koste
verwyder word.
Indien u op ’n vriend se staanplek wil parkeer, stel asseblief die Ontvangskantoor in kennis sodat ons
rekords opgedateer kan bly.
9.1.6 RESPEK EN GEDRAG
Ons waardeer die rus en privaatheid van ons kampeergemeenskap. Stilte-ure geld van 23:00 tot 06:00.
Alle gaste word verwag om personeel, sekuriteitsbeamptes, skoonmakers en mede-kampeerders met
hoflikheid en respek te behandel.
Versuim om hierdie reëls na te kom kan lei tot verwydering van die perseel sonder ’n terugbetaling.
In geval van ’n noodgeval word volle samewerking met bestuur en nooddienste vereis.
9.2 KAMPEER- EN OORNAGFASILITEITE
Ek erken dat kampering en oornagverblyf slegs in aangewese areas toegelaat word. Ek stem daartoe in om:
● Netheid en orde te handhaaf;
● Die voorsiene sanitasiegeriewe verantwoordelik te gebruik;
● Nie oop vure buite aangewese areas aan te steek nie;
● Te aanvaar dat geen aanspreeklikheid die Grondeienaar of Organiseerder tref vir die verlies van
persoonlike items of kamptoerusting nie.
7
GEBEURTENISPROGRAM
Donderdag, 26 Maart 2026
● Hekke & registrasie open: 08:00 – 16:00
● Deelnemers word na hul kampplekke geneem as dit reeds vooraf geboek en betaal is.
● Voertuie word getoets na registrasie.
● Aand: Welkombraai (Braaipakke word voorsien vir alle Deelnemers & Braaipakke is te koop vir
additionele gaste), “Ontmoet & Groet” en musiek.
● Kontantkroeg beskikbaar. Hout en ys sal te koop wees.
Vrydag, 27 Maart 2026
❖ RATTLE & RUST RALLY 2026
➢ Die is NIE Spoed/Tydwedren nie.
➢ Begin: Eerste voertuig vertrek 07:00 op 150 km roete (obstacles op roete)
➢ Voertuie vertrek in Groepe weg
➢ Middagete stop: Bonniedale Holiday Farm
➢ Middag: Terug by die plaas – Opsionele Donuts op baan (R500 per voertuig kaartjies kan
by kantoor bespreek word)
8
❖ DRAGS & LEVEL 1 4X4 TRAINING
➢ Begin om 09:00 by verskillende bane
❖ Aand: Vure word vanaf 17:00 aangesteek, Lekker Sosiaal, Braai (Braaipakke word voorsien
vir alle Deelnemers aan Rally & Braaipakke is te koop vir additionele gaste) en musiek
Saterdag, 28 Maart 2026
● Dagaktiwiteite: Drags, Level 1 4×4 Training, Rally, Gykhana, Ovaalbaan, Glybaan en
Donuts(@R500 kaartjies kan by kantoor bespreek word
● Aand: Vure word vanaf 17:00 aangesteek, Lekker Sosiaal, Braai (Braaipakke word voorsien vir alle
Deelnemers aan die Rally & Braaipakke is te koop vir additionele gaste) en musiek.
● Veiling tenbate van ACVV KENANI Dienssentrum, Mosselbaai en ZETTIE JONKER
Hulpsentrum.
● 19:00 Prysuitdeling, Lekker kuier tot laat!!
Sondag, 29 Maart 2026
● Ontbyt vanaf 9:00
● Spanbou & Danksegging
● Sluiting van Gebeurtenis
➡ Kontantkroeg beskikbaar. Hout, ys en additionele Braaipakke sal te koop wees.
➡Kosstalletjies sal deur die dag beskikbaar wees vir ontbyt en middagetes.
And Stay up to date on the latest Rattle & Rust Rally News
WhatsApp for info:
064 317 0306 | 082 335 8231
Feeling brave? Build a theme-car.
This is going to be wild,
This is going to be loud,
This is going to be VET PRET,
and you’re invited.